MOSSELBAAI NUUS - Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (SANRAL) het naby Mosselbaai tydelike maatreëls getref om padveiligheid op te skerp.
Dit volg op twee gru-ongelukke twee weke gelede waarin altesaam 12 mense in twee afsonderlike voorvalle naby die N2-afdraai op Louis Fourieweg dood is.
Mosselbaai se munisipale woordvoerder, Cornelle Carstens, sê voortdurende diefstal en vandalisme in dié gebied het veroorsaak dat padtekens op 'n gereelde basis verwyder word, wat die veiligheid van padgebruikers beïnvloed.
Sy sê as 'n tydelike voorsorgsmaatreël het SANRAL twee groot stoptekens op Louis Fourieweg naby die afrit van die N2 na Danabaai opgerig, asook 'n geen toegang-teken na regs.
Carstens sê padmerke sal ook op die padoppervlak bo-op die brug wat oor die N2 gaan, geverf word.
Carstens sê twee veiligheidswagte sal in die gebied ontplooi word vir patrolliedoeleindes en om vandalisme te probeer verhoed.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’