MOSSELBAAI NUUS - Vir baie mense is die voltooiing van een Comrades-marathon reeds 'n groot uitdaging, maar vir 'n Mosselbaaise vrou is die voltooiing van haar 20ste 'n mylpaal wat sy as 'n bewys van geloof, deursettingsvermoë en genade beskryf.
Una Saayman het op Sondag 14 Junie haar 20ste Comrades voltooi, en sê die prestasie sou nie moontlik gewees het sonder God se genade, die gebede en ondersteuning van haar familie en vriende, haar kerk, die St. Peter's-gemeente, asook haar jarelange borg, Harriet van den Bergh van Mosselbaai Paneelkloppers nie.
Saayman sê sy het op skool gesukkel om selfs 800 m te voltooi, maar het wel deur die jare daarin geslaag om elke Comrades wat sy aangepak het, te voltooi.
"Ek is so geseënd dat ek nog nie een Comrades nie voltooi het nie. Dit is genade," sê sy.
Sy gee erkenning aan haar man, John, vir sy ondersteuning en vertroue deur die jare.
Met die oog op die toekoms het sy reeds 'n nuwe doelwit.
Indien haar gesondheid en omstandighede dit toelaat, wil sy in 2027 ander atlete help wat die 100ste Comrades wil aanpak en 'n sub-12-uur tyd wil behaal.
Haar boodskap aan ander drawwers is eenvoudig: met nederigheid, harde werk en geloof is baie dinge moontlik.
Harriet van den Bergh help Una Saayman al vir jare as borg. Photo: SuppliedOns bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’