Breaking News Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEOS - Mosselbaai se matrieks ontvang vandag hulle matriekuitslae.
Groot opgewondenheid heers onder die matrieks wat vanaf 11:00 hulle uitslae by plaaslike skole sal afhaal.
Hillcrest Sekondêre Skool het 'n slaagsyfer van 94.1% behaal. Sao Bras Sekondêre Skool se slaagsyfer is vanjaar 86.3%.
Groot-Brakrivier Sekondêre Skool het 'n slaagsyfer van 95.9% en Indwe Sekondêre Skool het 'n slaagsyfer van 79.9%.
Hoërskool Punt se Visse spog met 'n 100% slaagsyfer.
Curro Mosselbaai het 'n slaagsyfer van 100%.
VIDEO - Wat gaan ons doen? Hillcrest Sekondêre Skool deel hulle toekomsplanne met ons. Video: Jannie du Plessis
VIDEO - Wat gaan ons doen? Sao Bras Sekondêre Skool deel hulle toekomsplanne met ons. Video: Jannie du Plessis
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’