Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai Kamera Klub (MKK) is trots op hul beginner-fotograwe, wat die afgelope twee jaar groot groei en ontwikkeling getoon het.
Baie van die junior fotograwe, wat in Januarie 2023 aangesluit het, het nou al gevorder tot senior fotograwe en presteer op nasionale en internasionale vlak.
As 'n geaffilieerde lid van die Photographic Society of South Africa (PSSA), waaraan meer as 100 fotografieklubs regoor die land behoort, vind jaarliks 'n nasionale interklub-kompetisie plaas waar 15 foto's van die junior lede en 15 foto's van die senior lede meeding teen mekaar.
In 2024, soos in 2023, het MKK weer eens uitstekend vertoon.
FOTOGALERY: Mosselbaai Kameraklub druk stempel af
Dié klub het koning gekraai in die Tuinroete, was tweede in die Wes-Kaap en het nasionaale algeheel 13de geëindig.
Die volgende foto’s is as wenners by November se klubaand aangewys:
1. Menslike Portrette: Junior wenners - Adelle Beukes se Nostalgic en Mary Lubbe se Pienk blommekind. Senior wenners - Tilla Vorster se Nie nog ‘n foto nie en Elaine van der Toorn se Oom Koos.
2. Natuur (Geen voëls) Junior wenner: Anton Mulder se Gespikkelde kat Senior wenner: Dirk van der Toorn se Early morning breakfast
3. Natuur (Slegs voëls) Junior wenner: Marianna Erasmus se Sandgrouse flying Senior wenners: Carien Kruger se Purple Heron en Elaine van der Toorn se Challenging the storm
4. Kleur Ope: Jnr wenner: Rita Smith se Reflections of canal workers Snr wenner: Carien Kruger se Antiques
5. Monochroom Ope: Jnr wenner: Kitty Steyn se Varkoor krulle Snr wenner: Anton Gericke se Where to now en Zenobia Geldenhuys se Old Photographer 6. Fotojoernalistiek en Sport: Junior wenner: Anton Mulder se Hell razors Senior wenner: Anton la Grange se Marshmallow Pop
7. Landskappe: Junior wenner: Jonathan Swart se Strangler Fig Night Scape Senior wenner: Carien Kruger se Rainbow in the mist
8. Visuele Kuns: Junior wenner: Marianna Erasmus se Appelbloeisel Senior wenner: Anton la Grange se The art of paper
9. Voorgeskrewe onderwerp: Junior wenners: John Volkwyn se Circled flower; Kitty Steyn se Dak detail en Marelize van Wyngaardt se Die illusie van sirkels Senior wenner: Anton la Grange se Rolling paper Die klub het hul laaste klubaand vir die jaar gehad.
Al die lede is nou hard aan die werk om hul beste 15 foto’s van die jaar (uit die 11 moontlike kategorieë) te kies en in te skryf vir die finale kompetisie van die jaar.
Belangstellende fotograwe, al hou jy net daarvan om na mooi foto’s te kyk, kan gerus gaan kyk na die MKK se werk op hul Facebook blad (Mosselbaai Kameraklub).
MKK is ‘n taamlike klein klub wat uit sowat 30 lede bestaan.
"Vir ons gaan dit nie oor ‘n groot getal lede nie, maar dit is vir ons belangrik dat almal betrek word en dat hulle so aktief as moontlik aan die klub sal deelneem," het die klub gesê.
Carien Kruger se "Rainbow in the Mist".
Elaine van der Toorn se "Challenging the Storm".
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’