MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai Brand, Redding en Rampbestuursdienste sal vandag reddingswerkers by die George-ramptoneel bystaan.
Meer as 72 uur is reeds verby nadat 'n vyf verdieping gebou Maandag skuins na 14:00 ineengestort het.
Die amptelike dodetal het na nege gestyg en 44 mense word steeds vermis.
Reddingswerkers is meer as 88 uur op die toneel in Victoriastraat.
Intussen het 'n verligte Mosselbaaier Delvin Safers sy verhaal aan Mossel Bay Advertiser joernalis, Linzetta Calitz vertel, nadat hy vir meer as 25 uur in die puin vasgekeer was.
Safers is gister uit die George-hospitaal ontslaan en is een van die oorlewendes.
Lees die berig hier: https://www.mosselbayadvertiser.com/News/Article/Local-News/mosselbaaier-vertel-van-sy-25-ure-onder-bourommel-202405090822
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’