MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-tak van die South African Cape Corps Military Veterans' Association (SACCMVA) het op Mandeladag kinderharte van die Pniël Care and Aftercare Centre in Asla blygemaak.
Die veterane het lekkergoedpakkies en vrugte aan hulle oorhanding.
SACCMVA was bygestaan en ondersteun deur die Community Work Programme (CWP) en raadslid Niklaas Booisen, ook 'n militêre veteraan wat 'n boodskap van bemoediging aan die bestuurder van die sentrum, pastoor Jennifer Saal en personeel oorgedra het.
Die kinders was baie opgewonde toe elkeen hulle pakkie ontvang het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'