Update
MOSSELBAAI NUUS - Die twee mans wat vir die wrede mesmoord van 'n Mosselbaaier aangekla word, sal in aanhouding bly tot hulle formeel om borgtog aansoek doen.
Die 21-jarige Asanele Jack en die 22-jarige Asithandile Mkhohliswa is op 19 April, 'n dag nadat die liggaam van die 39-jarige slagoffer in 'n straat by KwaNonqaba gevind is, in hegtenis geneem.
Die slagoffer het minstens agt meswonde gehad en was reeds dood toe die polisiebeamptes van die KwaNonqaba-polisiestasie op die toneel opdaag. Die verdagtes het op Dinsdag, 20 April in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op 'n aanklag van moord.
Jack en Mkholiswa bly in aanhouding tot hulle volgende hofverskyning op 18 Mei.
Die polisie het teen die ter perse gaan nog nie die slagoffer se identiteit bekendgemaak nie.
Vorige artikel: Twee vas 'n dag na wrede moord
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'