Breaking News
MOSSELBAAI NUUS - ‘n Veertigjarige man wat onlangs aangekla is van die verkragting van ‘n 4-jarige familielid is Woensdag op borgtog vrygelaat.
Die verdagte is op Maandag 13 Mei by die Mosselbaai-munisipaliteit waar hy werksaam is, in hegtenis geneem.
Sy inhegtenisname spruit uit ‘n beweerde voorval op 3 April tydens sy 40ste verjaarsdag by 'n huis in Heiderand.
Die dogtertjie het na die voorval vir haar ma vertel wat gebeur het waarna ‘n saak by die polisie aanhangig gemaak is.
Die staat het nie die verdagte se borgaansoek teengestaan nie.
Hy verskyn weer einde Julie in die Mosselbaai-landdroshof.
Dit is nog nie bekend of die verdagte vir die tydperk van die hofverrigtinge steeds sal werk nie.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’