Update
MOSSELBAAI NUUS - ‘n Veertigjarige man bly in hegtenis nadat hy onlangs aangekla is van die verkragting van ‘n 4-jarige familielid.
Die verdagte is op Maandag 13 Mei by die Mosselbaai-munisipaliteit waar hy werksaam is, in hegtenis geneem.
Hy sou gister in die Mosselbaai-landdroshof verskyn vir ‘n borgaansoek maar dit is uitgestel na Vrydag.
Sy inhegtenisname spruit uit ‘n beweerde voorval op 3 April tydens sy 40ste verjaarsdag by 'n huis in Heiderand.
Die dogtertjie het na die voorval vir haar ma vertel wat gebeur het waarna ‘n saak by die polisie aanhangig gemaak is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’