Breaking News
MOSSELBAAI NUUS - ‘n Man van Mosselbaai is Dinsdag in die Blue Downs-streekhof in Kaapstad nege lewenslange vonnisse opgelê vir die verkragting van sy eksmeisie.
Die beskuldigde, die 32-jarige Siyabonga Kiewiet, is skuldig bevind op altesame 12 aanklagte.
Dit sluit in nege aanklagte van verkragting, twee aanklagte van ontvoering en een aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Die saak is suksesvol ondersoek deur ao Soretha Rossouw van die Mosselbaai polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe.
Lees die res van sy vonnis in Vrydag se Mossel Bay Advertiser.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’