HESSEQUA NUUS - ‘n Man wat teregstaan op moord van twee jong skooldogters wat hy na bewering verlede jaar vermoor het, het Donderdag 25 Mei vlugtig in die George-streekhof verskyn.
Timothy Michael Ova (53) word daarvan beskuldig dat hy Sharon Arries en Jacorene Vaaltyn, destyds albei nege jaar oud, na sy woning gelok en glo vermoor het. Beide was leerders van Oker Primêr, onderskeidelik in gr. 1 en gr. 3.
Die twee het op Woensdagmiddag, 21 September, vermis geraak nadat hulle net ná 18:00 na 'n huiswinkel gestap het.
Lees meer op susterspublikasie, Suid-Kaap Forum
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’