MOSSELBAAI NUUS - 'n Man is dood in gisteraand se brand by 'n woning op die hoek van Kameeldoring en Ysterhoutstrate in Heiderand.
Die Mosselbaai Brand, redding en rampbestuurdienste is om ongeveer 18:30 na die toneel ontbied.
Volgens die polisiekommunikasiebeampte, ao Pieter Koekemoer het die oorledene vermoedelik alleen gewoon. Dit is nie tans bekend hoe die brand ontstaan het nie.
Die oorledene se identiteit is nog nie bekend gemaak nie.
Vorige artikel: Brandweer blus huisbrand
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'