MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai Brand, redding en rampbestuurdienste is tans op 'n toneel in Heiderand waar 'n huis op die hoek van Kameeldoring en Ysterhoutstrate aan die brand geslaan het.
Die brand is geblus. Die omstandighede van die voorval is nog nie bekend nie.
Na wat verneem word is niemand tydens die voorval beseer nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'