MOSSEL BAY NEWS - Die Mosselbaai-munisipaliteit het verlede week 'n verklaring oor sy likiditeitstekort van R90 miljoen uitgereik. Die ACDP het sy kommer oor dié tekort uitgespreek.
Mossel Bay Advertiser het na aanleiding van die verklaring 'n reeks opvolgvrae aan die munisipaliteit gestuur.
Die munisipaliteit het egter gesê hy volstaan met die verklaring wat op 11 Februarie uitgereik is.
In dié verklaring sê die munisipaliteit daar is geen rede tot kommer oor hierdie tekort nie en gaan voort om faktore te lys wat 'n invloed het om die likiditeitsposisie. Die munisipaliteit gee ook puntgewys antwoord op die ACDP se punte van kommer.
Die Advertiser se opvolg vrae aan die munisipaliteit was as volg:
1. Hoe vergelyk die R90 miljoen likiditeitstekort met die afgelope 3 jaar?
2. Hoe gou verwag die munisipaliteit om die tydelike likiditeitstekort op te los?
3. Watter spesifieke maatreëls implementeer die Begrotingsbestuurskomitee om die tekort aan te spreek?
4. Wat is die minimum likiditeitsvereiste volgens die beleid?
5. Daar word genoem dat tariefbepaling versigtig oorweeg is. Word daar tariefaanpassings in die volgende finansiële jaar verwag?
6. Watter spesiale pogings word aangewend om skuldinvordering te verbeter?
7. Watter ondersteuning kry inwoners wat sukkel om betalings te maak?
8. Gegewe die likiditeitstekort, is daar enige spesifieke beplande kostebesnoeiings in die volgende begrotingsiklus?
9. Watter persentasie van uitstaande skuld is mense wat sukkel weens lewenskoste? Die "Customers just above the poorest of the poor"
10. Hoe bepaal die munisipaliteit watter skuld afgeskryf moet word, en watter kriteria word gebruik?
11. Kan die munisipaliteit nog voorbeelde gee van onlangse grondverkope waar markverwante pryse toegepas is?
12. Hoe besluit die munisipaliteit oor die prysbepaling van grond vir ontwikkeling?
13. Hoe doeltreffend was pogings tot dusver om elektrisiteitsdiefstal en vandalisme te vervolg?
14. Wat behels die "regular action" wat geneem word in areas waar hoë elektrisiteitsdiefstal ervaar word? Is daar al sake by die polisie aangemeld?
15. Wat is die randwaarde van elektrisiteit wat deur elektrisiteitdiefstal verloor word?
16. Watter bykomende maatreëls word oorweeg om hierdie verliese te verminder?
Die munisipaliteit sê verder in antwoord op die navraag dat hy tweeweeklikse gleuwe op plaaslike radiostasies het wat aangewend word om munisipale sake en nuus te bespreek, soos onder meer finansies.
"Die radiogesprekke met betrekking tot publieke deelnameprosesse vir insae en insette op die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) en voorgestelde begroting 2025/26 begin eersdaags, wanneer finansies natuurlik op die voorgrond dien en in diepte deur die finansiesspan toegelig word.
"Soos in vorige jare, vind die publieke deelnamesessies met betrekking tot die oorsig van die GOP en voorgestelde begroting in April plaas. Radiogleuwe is vir Maart geskeduleer."
Vorige artikels:
Kommer oor 'likiditeitstekort'
Liquidity: no reason for concern, says municipality
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’