Update
MOSSELBAAI NUUS - Die identiteit van die vrou wat op Maandag, 21 Januarie by die Punt uitgespoel het, is bekendgemaak.
Die polisie sê die liggaam is die van, Lizel Gerber (39) 'n Mosselbaaier wat intussen positief deur haar broer uitgeken is.
'n Besoeker aan die Punt het die liggaam in die see gesien dryf en die polisie ontbied. Die polisie het vir bykans vyf dae gewag sodat familie na vore kon kom nadat niemand as vermis aangemeld is nie, en daar ook geen verdrinkings gerapporteer is nie.
Aanvanklik is berig dat die liggaam dié van 'n jong vrou, vermoedelik in haar laat tienerjare of vroeë twintigs is.
'n Nadoodse ondersoek is gedoen en hoewel daar nog geen amptelike verslag bekendgemaak is nie, het die polisie 'n dossier vir 'n geregtelike doodsondersoek geopen en word geen misdaad vermoed nie.
Gerber se broer, wat ook op Mosselbaai woon, het haar Saterdag uitgeken. Begrafnisreëlings is nog nie bekendgemaak nie.
Lees vorige artikels hier:
- Liggaam positief uitgeken
- Raaiselagtige liggaam uit die see
- Liggaam wat uitspoel die van jong vrou
- Liggaam spoel uit
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'