Update
MOSSELBAAI NUUS - Die liggaam van die vrou wat die afgelope week op Mosselbaai by die Punt uitgespoel het, is vandag positief deur haar broer uitgeken.
Die vrou is na wat verneem word 'n inwoner van Mosselbaai.
Op sosiale media het dit gegons oor wie die vrou is, nadat haar liggaam op Maandag om ongeveer 16;00 gesien is waar dit in die see gedryf het.
Die polisie het vir dae geen inligting van 'n verdrinking of 'n vermiste persoon ontvang nie.
Die polisie wil nog nie die identiteit of die ouderdom van die vrou bekend maak nie. Sy is na wat verneem word tussen die ouderdom van 29-39 jaar.
Sy het donkerbruin hare en het 'n gekleurde bikini met 'n swart bostuk en swart denim langbroek aangehad.
Dit is nog nie bekend hoe sy oorlede is en die uitslae van 'n nadoodse ondersoek sal teen volgende week bekend wees.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
Lees 'n vorige artikel: Raaiselagtige liggaam uit die see
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'