MOSSELBAAI NUUS - Dillie Liebenberg, van Hartenrus-aftreeoord, is op die ouderdom van 101 oorlede.
Sy was die oudste inwoner van dié oord.
In 2016, tydens die vorige munisipale verkiesing, was sy die oudste kieser in haar wyk wat selfstandig by die stembus haar kruisie getrek het.
Andriesa Christian (Dillie) Ackerman is op 1 September 1918, met die draai van die Eerste Wêreldoorlog in die Potchefstroom-omgewing gebore.
Sy het met ‘n boer uit die Upington-omgewing getrou en die egpaar het in 1964 op Hartenbos afgetree.
“Sy verdien voorwaar die titel Lentenooi. Inwoners en personeel van Hartenrus praat net met lof van die lentegeur wat haar optrede en menswees uitgestraal het," sê skoonseun Gerrit Visser, wat ook in die oord bly.
Met haar verjaarsdag verlede jaar, het Visser aan die Mossel Bay Advertiser gesê dat sy skoonmoeder in haar leeftyd bykans nooit siek geword het nie.
VERWANTE ARTIKEL: DILLIE SE 101 LENTES GEVIER
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'