MOSSELBAAI NUUS - "Metropolitan 2025" was 'n dag van pret en swier by Hoërskool Punt in Mosselbaai.
Die geleentheid het op Donderdag, 30 Januarie, by die skool plaasgevind en leerders het hul kreatiewe vaardighede aangewend om funky hoede te maak.
Dié skeppings is op 'n loopplank gemodelleer waar "perde", aanmekaar gesit met stokke, sponse, linte en ander materiale, ook deel van dié tema was.
Meisies het stylvol gelyk in pragtige rokke, terwyl die seuns ook netjies en aristokraties voorgekom het om in te pas by die tema.
Meisies modelleer met hul funky hoede.
Die dag was ook nie sonder aksie nie - leerders het aan 'n verskeidenheid aktiwiteite deelgeneem, insluitend 'n glip-en-gly en om deur 'n hindernisbaan te kom.
Sien meer foto's hier.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’