Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO'S - Hartenbos Laerskool leerders wat in Sonskynvallei woon word voorlopig eers by die skool se nasorgsentrum geakkommodeer terwyl brandbestryders die brand, wat intussen tot by die R328 gevorder het, bestry.
Een van die leerders se ouers is 'n buurtwaglid en het onderneem om die skool op hoogte te hou oor omstandighede en wanneer dit weer vir die leerders veilig is om huis toe te gaan.
Die kinders van Sonskynvallei gebruik die R328, wat vir verkeer gesluit is, om skool toe te loop.
Die skool is net minder as die voorgeskrewe aantal kilometer van die woongebied geleë en daar is gevolglik nie amptelike vervoer vir die leerders beskikbaar nie.
Kyk video's hieronder:
Lees vorige artikels:
- Hartenbos Heuwels-brand: Opvolg
- Wildslewe in gedrang
- Opvolg: Veldbrand by Hartenbos Heuwels
- Vegetation fire burning
Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'