Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - 'n Direkteur van S.M.A.R.T, Tersia Marais berig dat wildslewe deur die verwoestende brand in Hartenbos Heuwels bedreig word.
"Ons doen 'n beroep op inwoners van die area om bedag te wees op wild en veral skilpaaie wat uit die pad van die vlamme probeer kom. Veral motoriste in die area moet op die uitkyk wees vir verskrikte bokkies."
Kyk 'n video hieronder:
Sy berig dat sy self 'n paar skilpaaie van 'n gewisse dood gered het tydens haar besoek aan die area.
Brandbestryders veg steeds verbete teen die brand wat deur 'n sterk wind aangespoor word.
Luister hier na munisipale woordvoerder, Colin Puren.
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'