Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Laerskool Hartenbos het op Maandag, 1 Junie met bykans 100% teenwoordigheid van hulle graad 7-leerders begin.
Volgens die skoolhoof, mnr Werner van Huyssteen, het hulle reeds twee weke gelede begin beplan hoe hulle die leerders gaan akkomodeer in terme van die Covid-19-regulasies.
Onderwysers het verlede week begin met hul voorbereidings vir die ontvangs van die graad 7's.
Baie voorsorgmaatreëls is getref en die hele skool is ontsmet. Leerders is weer eens ingelig oor die sosiale afstand, ontsmetting en persoonlike higiëne wat deurgaans gehandhaaf moet word. Elke leerder het 'n masker ontvang waarop die skool se naam en Dolfyn-embleem verskyn.
By die ingangshek word elke leerder se temperatuur gemeet en handreinigers is hier beskikbaar. 'n Vorm met ses vrae word elke oggend aan leerders uitgedeel wat deur hulle ingevul moet word om te bepaal of hule enige van die Covid-19-simptome het voor hulle toegelaat word om klasse by te woon.
Klasse word opgedeel met nie meer as 16 leerders per klas. Leerders wissel nie self klas nie, maar die onderwysers beweeg rond tussen klasse. Tydens speeltye is beperkte gebiede beskikbaar waar leerders onder toesig kan speel. Geen balsport of enige kontaksport sal egter beoefen word nie en volgens Van Huyssteen is die snoepie ook nog toe aangesien daar nog nie kos verkoop mag word nie.
Van Huyssteen het leerders bemoedig om in te spring en net die beste te maak van die tydperk wat voorlê. "Ons is gereed en dankbaar dat ons kinders hier is", het Van Huysteen aan die Mossel Bay Advertiser gesê.
Kyk 'n video hieronder:
Graad 7 leerlinge van laerskool Hartenbos tree aan na 'n paar maande van grendel tyd. Foto: Jannie du Plessis
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
Vorige artikel: Laerskool Hartenbos Graad 7s terug by skool
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'