Update
MOSSELBAAI NUUS - Die vierjarige seuntjie van Wolwedans, Groot-Brakrivier wat verskeie kere met 'n mes deur sy buurvrou gesteek is, sterk goed tuis aan.
'n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die kleuter ten tye van die voorval op 12 April onder die 23-jarige buurvrou se sorg was.
Volgens die polisiekommunikasiebeampte, sers Laurianne Botha het die verdagte die ma van die seun geroep en hom vir haar deur 'n oop venster aangegee.
Die ma het toe minstens vier steekwonde aan die kind se kop, arm en rug opgemerk.
Die polisie is ontbied en die gemeenskap het gedreig om eie reg in hande te neem.
Die slagoffer is vir 'n paar dae in 'n Mosselbaaise hospitaal behandel.
Volgens Botha gaan dit goed met hom.
Die verdagte het aanvanklik geweier om enige getuienis af te lê.
Sy word in Oudtshoorn aangehou vir die duur van die hofsaak.
Die verdagte word aangekla van poging tot moord en verskyn weer op 26 April in die Groot-Brakrivier-landdroshof.
Vorige artikel: Kleuter vier meswonde toegedien
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'