Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die atmosfeer was feestelik, die weer perfek en die spanne vol entoesiasme vir die deurnagstap.
Al die regte bestanddele vir 'n weer eens baie geslaagde Kansa Relay for Life Garden Route wat Saterdag by die D'Almedia-sportgronde aangebied is.
Meer as 40 spanne het vanjaar aan die Relay deelgeneem wat vier jaar gelede sy beslag gekry het as een van die min RFL-geleenthede landwyd wat so midde-in die gemeenskap aangebied word.
Deelnemers was getooi in allerlei pers uitrustings om hulle solidariteit in die stryd teen kanker te toon.
Tydens die rondte vir kankeroorwinnaars en versorgers, vanjaar begelei deur Erika Primêre Skool se pragtige trompoppies, was daar oudergewoonte groot emosie.
'n Hoogtepunt tydens die geleentheid was die luminaria-rondte, waartydens hulde gebring word aan kankerpasiënte en die wat die stryd teen kanker verloor het.
Global Hero of Hope van Parow en borskankeroorwinnaar Anthea Lewis was die gasspreker en het groot toejuiging ontvang met haar stellings oor hoe kanker nie definieer wie mense is nie.
Lees 'n vorige artikel: Verwag hoogtepunte by KANSA relay
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'