VLEESBAAI NUUS - Inwoners van Vleesbaai sit kort-kort met die hande in die hare én in die donker ná beurtkrag wat telkens urelange kragonderbrekings tot gevolg het.
Volgens die Vleesbaai Dienste whatsapp groep, is dit die vyfde keer in soveel maande dat die krag vir tot 40 ure op 'n keer af is.
Volgens 'n woordvoerder van Eskom, word koperkabels geplunder wanneer beurtkrag gedurende die nag van toepassing is.
'n Inwoner op die groep, sê dat hy nie mense slegte moed wil inpraat nie, maar spore waar die kabels opgegrawe en gesteel is, dui daarop dat 'n hele paar individue betrokke is. Die modderige terrein maak dit bykans onmoontlik om met herstelwerk te begin.
'n Woordvoerder van Eskom, Kyle Jackon, sê hulle hou die situasie dop en sal so gou moontlik kragtoevoer na verbruikers probeer herstel.
Jackson het ook 'n beroep op inwoners gedoen om alle kraglyne en kragpunte as 'lewendig" te hanteer tydens die kragonderbreking.
Sien Eskom se volledige persverklaring hier
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’