Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die jaareindvertoning en prysuitdeling vir Ace Models is op Saterdag, 3 Desember by die Hartenbos Seefront gehou.
Volgens Elani Pretorius, direkteur van Ace Models in Mosselbaai en George, gaan die vertoning nie net oor krone, mooi uitrustings en die regte loopstyl op die loopplank nie.
FOTOGALERY: Prysuitdeling vir Ace Models
"Ons fokus is om leerders se selfvertroue en kommunikasie-vaardighede te verbeter wat 'n lewenslange fondament lê vir hul skoolloopbaan, verhoudings en latere beroep in die besigheidswêreld."
Die modelle het klere van Sufsup Diaz vertoon en het dit baie geniet om die nuwe somer- en seedrag aan toeskouers by die Hartenbos Seefront te vertoon. Volgens Pretorius begin ware skoonheid by 'n plek van aanvaarding, onselfsugtigheid en deernis vir ander. Kontak haar (076 966 5464) vir verdere inligting.
Abigail Lesch in Sufsup Diaz se nuwe klere vir die somerseisoen,
Gia Gerber ontvang 'n sertifikaat vir Model van die Jaar (junior).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'