Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die Mosselbaai-munisipaliteit se brandweer, met begeleiding deur die verkeersdepartement, het vanoggend, 4 Mei, deur die strate van Mosselbaai gery ter herdenking van die Internasionale brandbestrydersdag.
Brandweermanne verloor daagliks hul lewens met die bestryding van brande en die red van lewens.
Die publiek het orals langs Marshstraat vir die brandweermanne gewaai en plek-plek het van die manne van die waens afgeklim om hande te skud met die publiek.
Die dag word jaarliks op 4 Mei herdenk.
*Lees gerus meer oor dié dag en kyk videos en foto’s in volgende week se Mossel Bay Advertiser en op die Mosselbayadvertiser.com se webblad.
Foto's: Jannie du Plessis
Video - Internasionale brandbestrydersdag in Mosselbaai herdenk
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’