Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Nazeem Petersen (65) is tydens 'n skietery in Mosselbaai se Uitbreiding 13 gewond en by die hospitaal dood verklaar.
Peterson se begrafnis is reeds vandag, 13 Oktober, gehou. Die skietery het rondom 20:00 gisteraand, 12 Oktober, plaasgevind.
Die Da Gamaskop polisie het 'n mannejag geloods ná die voorval. Vier verdagtes het na bewering die toneel in Marlinstraat te voet gevlug ná skote afgevuur is. Minstens twee verdagtes was gewapen.
'n Tweede slagoffer (36) is ook tydens die voorval gewond en is hospitaal toe geneem vir verdere behandeling.
Vanuit huldeblyke wat instroom is dit duidelik dat Petersen 'n geliefde man in sy gemeenskap was.
Gemeenskapslede sê Uitbreiding 13 is in rou en het hul medelye aan Petersen se familie gestuur.
Die VF Plus Mosselbaai het ook húl medelye betuig. Hulle beskryf Petersen as 'n gemeenskapsmens wat nooit geskroom het om te help nie.
Suleiman Petersen, die slagoffer se broer, lei 'n gebed tydens Nazeem se begrafnis. Foto: Dexter Brinkhuis
Sake van moord, poging to moord en besigheidsroof word ondersoek. Enigiemand met inligting kan die ondersoekende beampte, sersant Elwynand Karelse, op 044 606 2200 kontak, of Crime Stop op 08600 10111. Inligting kan ook via die MySAPS app gedeel word.
VIDEO: Dexter Brinkhuis
Vorige artikel: One dead following Mossel Bay business robbery
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’