MOSSELBAAI NUUS - Die personeel by die Mosselbaai provinsiale hospitaal se personeel is bederf op Mandeladag.
Raadslid Niklaas Booisen, portefeuljevoorsitter vir gemeenskapsdienste en raadsdame Rosina Ruiters, onderburgemeester van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit, het saam met lede van die Mosselbaai-munisipaliteit se wetstoepassingseenheid die hospitaal se personeel met geskenkies verras.
"Hoe sê 'n mens ooit genoeg dankie vir die onbaatsugtige diens, meer nog te midde van die uitdagings van die huidige Covid-19-pandemie," het raadslid Booisen gesê toe die pakkies aan verpleegpersoneel, mediese praktisyns en die sekuriteitspersoneel oorhandig is.
Dr C Pretorius ontvang 'n geskenk-pakkie van raadslid Niklaas Booisen.
Raadslid Niklaas Booisen en raadsdame Rosina Ruiters het op Mandeladag gesondheidsorgpersoneel by die Mosselbaai provinsiale hospitaal bederf. Hulle is bygestaan deur personeel van die munisipale wetstoepassingsafdeling. Hier oorhandig Booisen 'n geskenk aan verpleegster X Jali.
Geskenkpakkies word aan sekuriteitpersoneel oorhandig.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'