Update
MOSSELBAAI NUUS - In 'n vorige uitgawe van die Mossel Bay Advertiser is berig oor die gemeenskap se kommer oor bokkarkasse wat gevind is. Twee karkasse is gevind waarvan een waarskynlik die slagoffer van rondloperhonde was.
Die Advertiser het intussen verneem dat die tweede bokkie ook deur rondloperhonde doodgebyt is.
Die landgoedbestuurder van die Mosselbaai-gholflandgoed het met 'n inwoner gesels wat op haar beurt by haar huishulp verneem het van 'n dooie bokkie wat by 'n vullisverwyderingsarea in Kerkstraat gelê het.
Volgens die landgoedbestuurder, was die bokkie wat die huishulp gesien, het 'n jong springbokkie wat gedurende die nag glo deur rondloperhonde doodgebyt en gedeeltelik gevreet is.
Die bokkie is gedurende die oggend deur 'n reaksie-eenheid in die omgewing opgetel en na die vullisareaverwyderingsarea geneem.
Die publiek word gevra om indien hulle rondloperhonde of persone wat hulle honde gebruik om te jag, in die omgewing gewaar, dit aan te meld by die DBV (044) 693 0824 of by die polisie (044 606 2804).
Lees 'n vorige artikel: Dooi bokke bekommer inwoners
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'