MOSSELBAAI NUUS - Gedurende die afgelope week is twee gevalle aangemeld aangaande dooie bokke wat in die Mosselbaai-dorpsgebied gevind is. Die publiek word gevra om hul oë oop te hou en sulke gevalle aan te meld.
Volgens Mike D'Elboux van die bo-dorp-buurtwag, het drie manne van die Community Works Program (CWP), wat die St Blaize-staproete patrolleer, 'n vorige week op 'n dooie duiker langs dié gewilde staproete afgekom.
Die bokkie was reeds dood. By nadere onddersoek, is bytmerke op die bok se lyk ontdek.
Volgens inligting is daar op Vrydag, 17 Januarie drie rondloperhonde in die omgewing gewaar wat moontlik op die bokkie jag gemaak het en uiteindelik die oorsaak van die bokkie se dood kon gewees het.
Die moontlikheid dat dit 'n rooikat die bokkie kon aangeval het, is ook nie uitgesluit.
'n Rooikat jag egter vir kos en sou daarom aan die karkas gevreet het. Slangbyt is uitgesluit, aangesien die bytmerke nie ooreenstem met 'n slangbyt.
Die dooie duiker wat op die St. Blaize-staproete gevind is.
Kort na die ontdekking van die eerste bokkie se karkas, is nog 'n bokkie se karkas in 'n asblik in die Mosselbaai-gholflandgoed gevind. Die oorsaak van die bokkie se dood is egter nie bekend, maar dit blyk of dit raakgery is.
Die publiek word gevra om aan te meld indien hulle van rondloperhonde in die omgewing gewaar, ook indien hulle persone sien wat moontlik van hulle honde gebruik maak om kleinwild soos hase en bokkies te jag.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'