Update
MOSSELBAAI NUUS - Die Hooggeregshof in Pretoria het hengelklubs se aansoek waarin die klubs appèl aangeteken het teen die departement van landbou, bosbou en visserye se openbare kennisgewing waarin gemeld word dat die gebruik van gemotoriseerde toerusting vir ontspanningshengel, soos hommeltuie onwettig is, met koste van die hand gewys.
Die saak is onlangs in die Hooggeregshof in Pretoria aangehoor. Dit hou verband met hengelaars wat aanvoer dat daar nog geen wet in die Staatskoerant gepubliseer is nie.
Hengelaars voer dus aan dat hulle intussen steeds hommeltuie tydens visvangekspedisies kan gebruik.
Hengelklubs in Suid-Afrika voer verder aan dat daar 'n verskeidenheid redes is hoekom hulle wel met die hulp van hommeltuie wil visvang.
Dit sluit in die gebruik van swaarder aas wat glo minder stres op die vis tydens die vangs plaas.
Hengeklubs het na die uitspraak aangedui dat hulle beplan om daarteen te appèlleer.
Vorige artikel: Uitspraak in hommeltuigsaak voorbehou
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'