MOSSELBAAI NUUS- Uitspraak in die saak waarin verskeie hengelklubs appèl aangeteken het teen die departement van landbou, bosbou en visserye se openbare kennisgewing waarin gemeld word dat die gebruik van gemotoriseerde toerusting vir ontspanningshengel, soos hommeltuie onwettig is, is teen die ter perse gaan steeds voorbehou.
Die saak word in die Hooggeregshof in Pretoria aangehoor.
Dit hou verband met hengelaars wat aanvoer dat daar nog geen wet in die Staatskoerant gepubliseer is nie. Hengelaars voer dus aan dat hulle intussen steeds hommeltuie tydens visvangekspedisies kan gebruik.
Hengelklubs in Suid-Afrika voer verder aan dat daar 'n verskeidenheid redes is hoekom hulle wel met die hulp van hommeltuie wil visvang.
Dit sluit in die gebruik van swaarder aas wat glo minder stres op die vis tydens die vangs plaas.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'