Update
TUINROETE NUUS - Die soektog na 'n man van Hartenbos wat laas week as vermis aangemeld is, gaan vandag met die hulp van 'n soek-en-reddingshond voort.
Die 70-jarige Petrus Groenewalt is Dinsdag laas deur sy vrou gesien toe hy die huis in sy wit Toyota Hilux-bakkie verlaat het.
Die polisie se kommunikasiebeampte, Kaptein Wollie Fourie sê hulle het Woensdag Groenewalt se bakkie langs die pad by Saasveld in George gevind. Die polisie het die gebied deursoek, maar kon geen spoor van Groenewalt vind nie.
Fourie sê hulle sal die soekgebied uitbrei en ook gebruik maak van die Wilderness-reddingseenheid in die hoop om Groenewalt te vind.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'