MOSSELBAAI NUUS - Nóg ‘n inwoner van die Mosselbaai-omgewing is deur sy vrou as vermis aangemeld.
Die 70-jarige Petrus Groenewalt woon op Hartenbos en is sedert 9 Maart vermis.
Sy verdwyning volg op die verdwyning van Julius Verhoog (69) van Island View wat laas in ‘n grys Citroen op 28 Februarie gesien is. Daar is sedertdien nog geen tyding van wat met Verhoog gebeur het nie. (Lees meer hieroor in môre se Mossel Bay Advertiser).
Volgens die polisie het Groenewalt Dinsdag om 11:30 sy woning in Keurboomstraat verlaat.
Sy voertuig, ‘n Toyota Hilux is intussen verlate deur die polisie se honde-eenheid in George in die Saasveld-omgewing gevind.
Daar is steeds geen teken van Groenewalt nie. Die polisie se honde-eenheid tesame met brandbestryders van Working on Fire sal vandag voortgaan met hul soektog.
Bel asseblief Kaptein Cornelius by 079 879 9003 met enige inligting oor Groenewalt.
Volgens die polisie het Groenewalt Dinsdag om 11:30 sy woning in Keurboomstraat verlaat.
Sy voertuig, ‘n Toyota Hilux is intussen verlate deur die polisie se honde-eenheid in George in die Saasveld-omgewing gevind.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'