MOSSELBAAI NUUS - Die ouers en broer van ‘n 39-jarige man van ‘n plaas buite Brandwag waar ‘n gyselaarsdrama vanoggend plaasgevind het, is na veiligheid gebring.
Dit volgens die Suid-Kaapse polisiewoorvoerder kaptein Malcolm Pojie.
Volgens Pojie is die 39-jarige man egter steeds in die plaashuis en gewapen.
Die polisie se openbare orde-eenheid en onderhandelaars, asook ander nooddienste is op die toneel om die situasie te ontlont.
Volgens inligting is daar op van die noodvoertuie gevuur, maar geen beserings is aangemeld nie.
Motoriste moet kennis neem dat die Geelbeksvleipad buite Brandwag waar die plaas gelee is, tans vir verkeer gesluit is.
Die R328 by Brandwag is egter oop vir verkeer.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'