Video
LEES DIE NUUTSTE: EEN GESKIET IN GEWAPENDE ROOF
GROOT-BRAKRIVIER NUUS EN VIDEO - Die polisie het die hulp van lugondersteuning ingeroep en 'n grootskaalse soektog van stapel gestuur nadat 'n winkel en, na wat verneem word, 'n vragmotor wat brood vervoer vanoggend by Green Haven op Groot-Brakrivier onder gewapende rowers deurgeloop het.
'n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die polisie tans na twee of drie verdagtes soek.
Die verdagtes het na die rooftog in die bosse duskant Wolwedans in gehardloop. Die polisie het die gebied intussen omsingel en polisiehonde is na die toneel ontbied.
Die Mossel Bay Advertiser is op die toneel. Hierdie is 'n ontwikkelende storie.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'