TUINROETE NUUS - 'n Sportlegende wat diep spore in rolbal in Eden getrap het, Johan Havenga, het op 6 November sy 95ste verjaarsdag saam met familie in Pretoria gevier.
Johan is 'n afgetrede hoofdirekteur: administrasie van die Suid-Afrikaanse Lugdiens en was ook stadsraadslid van Boksburg en George.
Hy is 'n erelewenslid van Eden-rolbal, die Eden Nomads asook die George-rolbalklub waar hy steeds betrokke is.
Johan is in 2016 deur die Wes-Kaapse regering as 'n sportlegende vereer nadat hy in dieselfde jaar Eden-sport se Presidentstoekenning ontvang het.
Johan (voor, tweede van regs) saam met sy seuns en skoondogters by die Pachas Restaurant in Pretoria. Agter, links: Gerhard en sy vrou, Ria, voor hom, Johan (jr), sy oudste seun en sy vrou, Elzabe. Christian, sy jongste seun met sy vrou, Dalene, voor hom. Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'