MOSSELBAAI NUUS - ’n Graad 9-leerder van ’n skool in die Mosselbaai munisipale area het gister, 16 Januarie, in haar skool se siekeboeg geboorte geskenk.
Volgens ’n betroubare bron het haar onderwysers geen kennis van die swangerskap gedra nie.
Na wat verneem word is die babatjie prematuur gebore. Die leerder is 16 jaar oud.
Provinsiale nooddienste is na die skool ontbied.
Mossel Bay Advertiser weerhou die naam van die skool om die meisie se identiteit te beskerm.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’