Video
MOSSELBAAI NUUS & VIDEO - Danabaai kry dalk in die toekoms 'n gemeenskapspark neffens die OK Grocer in Floraweg.
Die erf waarop dit sal wees (sou alles in plek val) se waarde is R9 720 000 en die geskatte ontwikkelingskoste van die park is R5 400 000.
Dié aankondiging is met gemengde gevoelens ontvang.
Teenvoorstelle vanuit die gemeenskap het gestrek van 'n tehuis vir bejaardes en 'n karavaanpark tot laekostebehuising. Ander was bekommerd oor die natuur wat daaronder sou ly.
Hier en daar is die aankondiging wel positief ontvang, meestal deur inwoners van Danabaai. Daar was selfs vrae oor of honde toegelaat sou word.
By navraag oor 'n tydlyn vir die projek het die Mosselbaai-munisipaliteit gesê inligting rondom die park is tans beperk tot die betrokke raadsbesluit op 29 Mei.
"Meer inligting sal beskikbaar wees soos die proses vorder. 'n Volledige publieke deelnameproses sal gevolg word soos uitgestip in munisipale regulasies, waartydens insette gelewer kan word."
Die voorgestelde uitleg van die gemeenskapspark in Danabaai. Grafika: Mosselbaai-munisipaliteit
VIDEO: Die area in Danabaai waar die voorgestelde park sou kom
Vorige artikel:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’