MOSSELBAAI NUUS - Lede van die gemeenskap sal op Donderdag, 25 Februarie hul laaste eer kan betoon aan die ontslape DA-raadslid, Danny Saayman.
Saayman (48) is verlede Donderdag, 18 Februarie onverwags tuis oorlede.
Persone wat aan die verbyrygeleentheid wil deelneem kan vanaf 17:30 by die KwaNonqaba Mall byeenkom, vanwaar die stoet na Saayman se huis in Rasmenistraat sal beweeg.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'