MOSSELBAAI NUUS - 'n Man van Mosselbaai is steeds in die Mosselbaai-provinsiale hospitaal nadat hy op Vrydagaand, 27 Januarie deur die gemeenskap aangerand is.
Hy het na bewering 'n 19-jarige man by die Mountain View woonstelgebou langs Louis Fourieweg met 'n mes doodgesteek.
Volgens die Da Gamaskop-polisie het die voorval om ongeveer 22:30 gebeur.
'n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die twee mans in ‘n onderonsie met mekaar betrokke was toe die slagoffer doodgesteek is.
Dit is nie bekend of die mans inwoners van Mountain View is nie.
Die verdagte is kort na die voorval deur lede van die gemeenskap aangerand en het ernstige beserings opgedoen.
Hy sal binnekort in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord.
Die identiteit van die oorledene is nog nie bekend gemaak nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'