MOSSELBAAI NUUS - D’Almeida-gemeenskapsaal was tot kapasiteit gevul vandag, 22 Oktober toe lede van die gemeenskap hulde gebring het aan die geliefde brandweerman, James Claassen (60).
Claasen is verlede Woensdag, 14 Oktober aan natuurlike oorsake oorlede.
“Oom James sal vir altyd met ons wees. Hy was die langsdienende brandweerman - 38 jaar - dis ‘n leeftyd insigself,” het Joseph Johnston, hoof van Mosselbaai brand-, redding- en rampbestuursdienste tydens die diens gesê.
Lede van die gemeenskap kon een-een hulle herinneringe aan dié legende deel.
Lede van die A-skof, wyle James Claassen, tydens sy gedenkdiens. Voor, in wit, is Ann Supra-Vertue.
Mosselbaai gemeenskap bring hulde aan James Claassen:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'