Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die Eden Photographic Society (EPS) is volstoom, maar steeds virtiueel, aan die gang en het reeds twee klubaande vir 2021 gehad.
'n Paar veranderinge is vir die Maart-inskrywings geïmplimenteer, naamlik dat daar nou sewe kategorieë is waarin lede hul foto's kan inskryf.
Dié kategorieë is:
- Voorgeskrewe onderwerp (set subject);
- Natuur;
- Menslike portrette;
- Landskappe;
- Fotojoernalistiek;
- Visuele kuns;
- Ope afdeling.
Fotogalery: Fotografieklub wenners
Februarie
Die wenners van Februarie was:
- Junior wenner: Sakkie Haarhoff se Pelikane in Namibia.
- Senior wenner: Johan van Aarde se In a Hurry.
Maart
Maart se voorgeskrewe onderwerp was "Tabletop" fotografie. Die wenners is:
- Junior wenner: Danie Cillie se Take Off.
- Senior wenner: Anton la Grange se Hot air sunset.
Hoogste punte van die maand:
- By Kerslig - Carien Kruger - voorgeskrewe onderwerp.
- Purple Diamond - Elizabeth Nicholson - voorgeskrewe onderwerp.
- True Colours - Verinda Bosch - voorgeskrewe onderwerp.
- Drinking water in the dark - Elaine van der Toorn - natuur.
- Hibiscus Twirl - Carien Kruger - visuele kuns.
- Hot Air Sunset - Anton la Grange - visuele kuns.
- HoiAn Sunset - Anton la Grange - landskappe.
- Verlore verlate vergete - Anton la Grange - fotojoernalistiek.
Die fotoklub het die afgelope jaar geweldig gegroei en sal eersdaags weer hul fisiese klubaande wil hervat, maar benodig 'n geskikte lokaal vir so 30-35 mense wat elke eerste Dinsdagaand van die maand beskikbaar sal wees.
As daar enigiemand is wat kan help, kontak asseblief vir Anton la Grange (084 442 4442).
Elaine van der Toorn se Drinking water in the dark.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'