Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die Eden Photographic Society het verlede week hul laaste maandelikse klubaand vir die jaar, asook hul afsluitingsfunksie en prysuitdeling gehou.
Fotogalery: Eden Photographic Society November wenners
Die voorgeskrewe tema vir November was panning en die wenners hiervan, asook dié van die ope afdeling is soos volg:
Voorgeskrewe tema
- Junior wenner: Danie Cillie se Spoed.
- Senior wenner: Danie Pretorius se Take off, naaswenner Carien Kruger se Drifting.
Ope afdeling
- Junior wenner: Danie Cillie se Na die storm.
- Senior wenner: Elizabeth Nicholson se Rochelle.
In die foto van die jaar afdeling is die wenners soos volg:
Voorgeskrewe tema
- Junior wenner: Gerda Fouche se Brandwurm.
- Senior wenner - Carine Kruger se Olifant Silhouette.
Ope afdeling
- Junior wenner: Gerda Fouche se Garlic.
- Senior wenner: Carien Kruger se Flamingo at Sunset.
Alle belangstellendes en fotografie entoesiaste is welkom om aan te sluit. Daar is elke maand 'n voorgestelde tema.
Vir enige navrae oor die klub, kontak Anton la Grange (084 442 4442).
Gerda Fouche se Brandwurm.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'