Update
MOSSELBAAI NUUS - Die polisie is steeds opsoek na die ma van die fetus wat op Donderdagoggend 29 Junie, in die Greenfield-gebied in Wolwedans, Groot-Brakrivier gevind is.
Die grusame vonds is aan die agterkant van 'n woning in die area gemaak deur inwoners wat besig was om hout te soek.
Volgens die woordvoerder van die Groot Brak-polisie, sersant Lauriane Botha, is dit in die stadium onbekend wie die ma van die fetus is.
'n Forensiese ondersoek sal gedoen word om die geslag van die fetus te bepaal. Alle hulpbronne was op die toneel om die saak te ondersoek. Botha vra dat enige iemand met inligting vir adjudant-offisier Ferdie Nel by die Groot Brak-polisiestasie kontak, op 044 620 8304/05.
Vorige artikel: Fetus in Wolwedans gevind
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'