MOSSELBAAI NUUS - Die fetus van 'n ongebore baba is vroeg vanoggend , 29 Junie in die Greenfield-gebied in Wolwedans gevind deur inwoners wat besig was om hout te soek.
Die grusame vonds is aan die agterkant van 'n woning in die area gemaak.
Volgens die woordvoerder van die Groot Brak-polisie, sersant Lauriane Botha, is dit in die stadium onbekend wie die ma van die fetus is.
'n Forensiese ondersoek sal gedoen word om die geslag van die fetus te bepaal. Alle hulpbronne was op die toneel om die saak te ondersoek.
Botha vra dat enige iemand met inligting vir adjudant-offisier Ferdie Nel by die Groot Brak-polisiestasie kontak, op 044 620 8304/05.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’