MOSSELBAAI NUUS - Daar was ‘n uitsonderlike atmosfeer van feestelikheid tydens die Rauch Gertenbach Prokureurs se skemerkelkiegeleentheid gisteraand, 17 Maart by Salt & Copper ter viering van hulle 100ste bestaansjaar.
Gaste was opgetooi in swart en wit uitrustings.
Onder die eregaste was familielede van die Scholtze, wat in Maart 1922 die firma se oorspronklike stigters was.
Chappie Gertenbach, wie se naam die firma steeds dra, was ook onder die eregaste, asook die onderburgemeester van Mosselbaai, raadsheer Cliffie Bayman, wat vir die uitvoerende burgemeester, raadsheer Dirk Kotzé ingestaan het.
Volgens Danie Acker, een van die firma se direkteure, sal die Rauch Gertenbach se eeuwording deur die loop van die jaar op verskeie luisterryke maniere gevier word.
Die Rauch Gertenbach Prokureurs se skemerkelkiegeleentheid gisteraand, 17 Maart by Salt & Copper ter viering van hulle 100ste bestaansjaar. Foto’s: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'