Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Eden Photographic Society (EPS) se Junie-byeenkoms het op 14 Junie by die Diaz Hotel plaasgevind.
Daar is sewe kategorieë vir foto-inskrywings.
Junie se voorgeskrewe onderwerp was Golden Hour.
FOTOGALERY: EPS Junie se Wenfoto's
Wenners
Die algehele wenfoto’s asook meriete-toekennings vir Junie is:
- Groep A wenner: Johan Steyn se Decorated Eyes (menslike protrette).
- Groep A naaswenner: Carien Kruger se Die Denker (menslike protrette).
- Groep A naaswenner: Elizabeth Nicholson se Potrait Of A Bird (natuur).
- Groep B wenner: Rita Smith se Back Street (visuele kuns).
Sterstatus bevorderings in EPS klub:
- Elna Monti, John Volkwyn en Marinda Coetzee is na 1-ster status bevorder.
- Julian Scholtz is na 2-ster status en Sakkie Haarhoff na 3-ster status bevorder.
Besoekers is welkom om die klub se foto-beoordeling by te woon.
Dit vind elke tweede Dinsdag van elke maand om 19:00 plaas. Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om by die klub aan te sluit.
Vir enige navrae oor die klub kan Michael van Schalkwyk (082 953 7671) gekontak word.
Lesers kan na ons Facebookblad gaan kyk - Eden Photographic Society.
Groep A se foto van die maand naaswenner is Carien Kruger se Die Denker (menselike protrette).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'