Update
KLEIN-BRAKRIVIER NUUS - Chopper is om ongeveer 12:00 vandag naby die Klein-Brakrivier gevind.
Die verdwyning van die Duitse pointer-hond het Mossel Bay Advertiser-lesers aangegryp.
Chopper (3) het op Dinsdag, 3 Junie, vanuit sy woning in 4de Laan op Klein-Brakrivier vermis geraak.
’n Facebook-plasing oor sy verdwyning op die Advertiser se blad is al meer as 500 keer gedeel.
Shanene Voigt is werksaam by Chopper se eienaars.
’n Emosionele Voigt het kort nadat Chopper gevind is aan die Advertiser gesê: “Ek lag en huil deurmekaar van blydskap. Ons het om ’n paar kilometer van die huis gekry, naby die rivier. Ons het hom!”
Sy sê toe Chopper haar stem hoor, het hy eers gaan stilstaan. “Hy het ’n bietjie onseker gelyk, en toe kom hy na my toe met ’n groot smile!”
Voigt bedank almal wat na Chopper help soek het.
'n Oorstelpte Shanene Voigt oomblikke nadat Chopper gevind is.
Vorige artikel:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’