KLEIN-BRAKRIVIER - Die verdwyning van ’n Duitse pointer-hond het Mossel Bay Advertiser-lesers aangegryp.
Chopper (3) het gister vanuit sy woning in 4de Laan op Klein-Brakrivier vermis geraak.
’n Facebook-plasing oor sy verdwyning op die Advertiser se blad is al meer as 500 keer gedeel.
Chopper
Shanene Voigt is werksaam by Chopper se eienaars en het vanoggend aan die Advertiser gesê hulle het
Chopper ’n tydjie gelede in ’n koejawelboord langs Munro’s op Klein Brak gewaar.
Dit wil voorkom of hy verwilderd is.
Chopper is sjokoladebruin en het wit vlekke.
Enigeen wat hom sien kan Shanene by 082 255 8569 kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’